9 En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ’n penning ontvang.
10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ’n penning ontvang.
11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer
12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
13 Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ’n penning nie?
14 Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
15 Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?