1 EN toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:
2 Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ’n eselin vind wat vasgemaak is, en ’n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
3 En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.
4 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:
5 Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ’n esel, ja, ’n jong esel, die vul van ’n pakdier.
6 En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;
7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.