31 En wat die opstanding van die dode betref — het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:
32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.
33 En toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.
34 EN toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs die mond gestop het, het hulle almal saam vergader.
35 En een van hulle, ’n wetgeleerde, het ’n vraag gestel om Hom te versoek en gesê:
36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.