65 Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!
66 Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy is die dood skuldig.
67 Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan,
68 en ander het Hom met stokke geslaan en gesê: Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het?
69 EN Petrus het buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en ’n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus, die Galiléër!
70 Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie.
71 En terwyl hy uitgaan na die poort toe, sien ’n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasaréner.