13 Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?
14 En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.
15 En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.
16 En in daardie tyd het hulle ’n berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas.
17 Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?
18 Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.
19 En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in ’n droom baie gely om sy ontwil.