27 Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.
28 Toe trek hulle sy klere uit en werp ’n rooi mantel om Hom;
29 en hulle vleg ’n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ’n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
30 En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.
31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.
32 EN toe hulle uitgaan, kry hulle ’n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
33 En hulle het gekom op ’n plek wat Gólgota genoem word — dit beteken: Plek van die Hoofskedel —