44 En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
45 En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe;
46 en omtrent die negende uur het Jesus met ’n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
47 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Hy roep Elía.
48 Toe hardloop daar dadelik een van hulle en neem ’n spons en maak dit vol asyn, en sit dit op ’n riet en laat Hom drink.
49 Maar die ander sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom te verlos.
50 Daarop het Jesus weer met ’n groot stem geroep en die gees gegee.