57 EN toe dit aand geword het, het daar ’n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook ’n dissipel van Jesus was.
58 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word.
59 En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy ’n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
61 En Maria Magdaléna was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.
62 Die volgende dag — dit is die dag ná die voorbereiding — kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
63 en sê: My heer, ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.