60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy ’n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.
61 En Maria Magdaléna was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.
62 Die volgende dag — dit is die dag ná die voorbereiding — kom die owerpriesters en die Fariseërs by Pilatus saam
63 en sê: My heer, ons herinner ons dat dié verleier, toe hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan ek op.
64 Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat sy dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie, en vir die volk sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger wees as die eerste.
65 Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal ’n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.
66 En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.