2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4 En hy, Johannes, het ’n kleed gedra van kameelhare en ’n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
5 En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.