34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie — nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;
35 ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning;
36 ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.
37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.
38 Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.
39 Maar Ek sê vir julle dat julle ’n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.
40 En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.