1 NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ’n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
2 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ’n troon in die hemel en Een sit op die troon.
3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ’n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ’n smarag.
4 En rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het ek die vier-en-twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.
5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;