1 PAULUS, ’n dienskneg van Jesus Christus, ’n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God —
2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,
3 aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid
4 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,