1 PAULUS, ’n dienskneg van God en ’n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,
2 in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,
3 en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser — aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof:
4 Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en die Here Jesus Christus, ons Verlosser!
5 OM hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het —
6 as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.
7 Want ’n opsiener moet as ’n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;