6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
7 sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
8 Dit is ’n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.
9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.
10 Aan ’n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,
11 wetende dat so iemand op ’n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.
12 WANNEER ek Ártemas of Tíchikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikópolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.