1 EN Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.
2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor — hy was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het, en Jeróbeam was in Egipte woonagtig,
3 en hulle het hom laat roep — kom Jeróbeam en die hele vergadering van Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:
4 U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.
5 En hy sê vir hulle: Gaan weg tot oor drie dae, kom dan terug na my toe. En die volk het gegaan.
6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?