16 Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie;
17 want aan my is gesê deur die woord van die Here: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
18 Maar hy sê vir hom: Ek is ook ’n profeet net soos jy, en ’n engel het met my gespreek deur die woord van die Here en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.
19 Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink.
20 Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die Here tot die profeet wat hom laat omdraai het;
21 en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die Here: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die Here deur nie die gebod te hou wat die Here jou God jou beveel het nie,
22 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie — daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.