20 en hy het die Here aangeroep en gesê: Here my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, ’n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?
21 Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die Here aangeroep en gesê: Here my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.
22 En die Here het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.
23 Daarop neem Elía die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en Elía sê: Kyk, jou seun lewe!
24 En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u ’n man van God is en dat die woord van die Here in u mond waarheid is.