40 Toe maak Símeï klaar en saal sy esel op en vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en Símeï het gegaan en sy slawe van Gat af gebring.
41 Maar aan Salomo is meegedeel dat Símeï uit Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het.
42 Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by die Here besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.
43 Waarom het jy dan die eed by die Here en die gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?
44 Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die Here jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
45 Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van die Here tot in ewigheid!
46 Daarop gee die koning bevel aan Benája, die seun van Jójada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.