3 Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die Here my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!
4 Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.
5 Daarop kom sy vrou Isébel by hom en sê vir hom: Waarom is jou gees dan so verbitterd dat jy geen brood eet nie?
6 En hy antwoord haar: Omdat ek met Nabot, die Jisreëliet, gespreek en aan hom gesê het: Gee my jou wingerd vir geld, of as jy wil, sal ek jou ’n wingerd in die plek daarvan gee — maar hy het gesê: Ek mag my wingerd nie aan u gee nie.
7 Toe sê sy vrou Isébel vir hom: Oefen jý nou die koningskap oor Israel uit? Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.
8 Daarop het sy briewe in die naam van Agab geskrywe en met sy seël dit verseël en die brief gestuur aan die oudstes en die edeles wat in sy stad was, wat by Nabot gewoon het.
9 En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep ’n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk;