51 En Jósafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Joram het koning geword in sy plek.
52 Ahásia, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die sewentiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en het twee jaar oor Israel geregeer.
53 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here — hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het.
54 En hy het Baäl gedien en voor hom neergebuig en die Here, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het.