10 Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;
11 Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.
12 Báäna, die seun van Ahílud, het gehad: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.
13 Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.
14 Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.
15 Ahímaäs in Náftali; hy het ook ’n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.
16 Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;