1 EN in die vierhonderd-en-tagtigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif — dit is die tweede maand — het hy die huis vir die Here gebou.
2 En die huis wat koning Salomo vir die Here gebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte.
3 En die voorportaal, aan die voorkant van die hoofvertrek van die huis, was twintig el in sy lengte, oor die breedte van die huis; tien el in sy breedte aan die voorkant van die huis.
4 En hy het aan die huis vensters gemaak met smal latwerk.