14 Toe Salomo die huis klaar gebou het,
15 het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy met sipresplanke belê.
16 Verder het hy die twintig el van die agterkant van die huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die balke, en dit aan die binnekant as ’n binneste vertrek, as ’n Allerheiligste, gebou.
17 En vooraan was die huis, dit is die hoofvertrek, veertig el.
18 En sederhout was aan die huis binnekant: snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip was daar te sien nie.
19 So het hy dan ’n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die Here daar neer te sit.
20 En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.