9 En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.
10 En hy het die aanbousel teen die hele huis gebou; vyf el was elke verdieping hoog; en hy het dit aan die huis bevestig met sederbalke.
11 En die woord van die Here het tot Salomo gekom en gesê:
12 Wat hierdie huis betref, wat jy besig is om te bou — as jy wandel in my insettinge en my verordeninge uitvoer en al my gebooie onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek my woord wat Ek tot jou vader Dawid gespreek het, aan jou vervul;
13 dan sal Ek onder die kinders van Israel woon en my volk Israel nie verlaat nie.
14 Toe Salomo die huis klaar gebou het,
15 het hy die mure van die huis van binne bedek met sederplanke; van die vloer van die huis af tot by die balke van die plafon het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die huis het hy met sipresplanke belê.