1 MAAR aan sy huis het Salomo dertien jaar gebou en die hele huis voltooi.
2 Hy het naamlik die huis van die Líbanon-bos gebou, honderd el in sy lengte en vyftig el in sy breedte en dertig el in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare.
3 En dit was van bo oordek met sederhout, op die verdiepings wat rus op die pilare, vyf-en-veertig bovertrekke, vyftien in ’n ry.
4 En daar was drie rye vensters van latwerk; en oop venster teenoor oop venster, drie maal.
5 En al die deure met die vensters was vierkantig van houtwerk, en venster was teenoor venster, drie maal.