10 Daarna het hulle sy wapens in die huis van hulle god neergelê en sy hoofskedel in die huis van Dagon vasgeslaan.
11 Toe die hele Jabes in Gílead hoor alles wat die Filistyne aan Saul gedoen het,
12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas.
13 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die Here begaan het, weens die woord van die Here wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van ’n afgestorwene om inligting gevra het,
14 maar die Here nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Ísai.