2 Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit- en ingelei; en die Here u God het aan u gesê: Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet ’n vors wees oor my volk Israel.
3 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle ’n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die Here, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die Here deur die diens van Samuel.
4 En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.
5 En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.
6 En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal ’n hoof en ’n owerste word. Toe het Joab, die seun van Serúja, die eerste opgeklim en ’n hoof geword.
7 En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.
8 En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.