2 gewapend met die boog, wat regter- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:
3 Ahiëser, die hoof, en Joas, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en Jésiël en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en Jehu, uit Ánatot;
4 en Jismája, die Gibeoniet, ’n held onder die dertig en hoof oor die dertig; en Jeremia en Jahásiël en Jóhanan en Jósabad, uit Gedéra;
5 Elehúsai en Jérimot en Beálja en Semárja en Sefátja, uit Harif;
6 Élkana en Jissía en Asáreël en Joëser en Jasóbeam, die Koragiete;
7 en Joëla en Sebádja, die seuns van Jeróham, uit Gedor.
8 Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge: