25 van die seuns van Símeon, dapper helde vir krygsdiens, seweduisend-eenhonderd;
26 van die seuns van Levi, vierduisend-seshonderd;
27 en Jehójada, die bevelhebber van die Aäroniete, en saam met hom drieduisend-sewehonderd;
28 en Sadok, ’n jongman, ’n dapper held, met sy familie: twee-en-twintig owerstes;
29 en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drieduisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly;
30 en van die seuns van Efraim, twintigduisend-agthonderd, dapper helde, manne van naam in hulle families;
31 en van die halwe stam van Manasse agttienduisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak;