1 TOE stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom ’n huis te bou.
2 So het Dawid dan gewaargeword dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.
3 En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword.
4 En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Sámmua en Sobab, Natan en Salomo
5 en Jibhar en Elisúa en Elpélet