1 EN hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en ’n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor ’n tent opgeslaan.
2 Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die Here het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.
3 En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die Here te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.
4 En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:
5 van die seuns van Kehat: Úriël, die owerste, en sy broers, honderd-en-twintig;