10 stuur hy sy seun Hadóram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens dat hy teen Hadaréser geveg en hom verslaan het, want Hadaréser was ’n vyand van Toü. Ook allerhande goue en silwer- en kopervoorwerpe het hy saamgebring.
11 Dit het koning Dawid ook aan die Here geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
12 Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttienduisend.
13 En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die Here het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
14 En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.
15 En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
16 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.