3 En Joab sê: Mag die Here by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?
4 Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.
5 En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elfhonderdduisend man wat die swaard uittrek, en Juda vierhonderd-en-sewentigduisend man wat die swaard uittrek.
6 Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab ’n gruwel.
7 En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.
8 Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.
9 En die Here het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê: