7 En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om ’n huis te bou vir die Naam van die Here my God.
8 Maar die woord van die Here het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam ’n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.
9 Kyk, ’n seun sal vir jou gebore word; hý sal ’n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.
10 Hý sal vir my Naam ’n huis bou, en hý sal vir My ’n seun wees, en Ek vir hom ’n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid.
11 Nou, my seun, mag die Here met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die Here jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.
12 Mag die Here jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die Here jou God te onderhou.
13 Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die Here aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.