18 oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Íssaskar was Omri, die seun van Mígael;
19 oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Ásriël;
20 oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;
21 oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;
22 oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.
23 Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die Here het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.
24 Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor ’n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.