3 Maar God het aan my gesê: Jy mag vir my Naam nie ’n huis bou nie, want jy is ’n man van oorloë, en jy het bloed vergiet.
4 Maar die Here, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.
5 En uit al my seuns — want die Here het my baie seuns gegee — het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die Here oor Israel.
6 En Hy het aan my gesê: Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou, want Ek het hom vir My as ’n seun verkies, en Ék sal vir hom ’n Vader wees.
7 En Ek sal sy koningskap bevestig tot in ewigheid as hy getrou my gebooie en my verordeninge onderhou, soos vandag.
8 Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die Here, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van die Here julle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.
9 En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.