1 EN sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.
2 En hy het ’n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.
3 En die Here was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,
4 maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.