22 En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jójada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag die Here dit sien en rekenskap vorder!
23 En by die wisseling van die jaar het ’n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en al die volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.
24 Alhoewel die leër van Aram met ’n geringe aantal manne gekom het, het die Here tog ’n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle die Here, die God van hulle vaders, verlaat het. En hulle het strafgerigte geoefen teen Joas.
25 En toe hulle van hom wegtrek — want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat — smee sy dienaars ’n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.
26 En dít is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van Símeat, die Ammonitiese, en Jósabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.
27 En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God — kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Amásia het in sy plek koning geword.