19 En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het —
20 as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
21 Wie het Abiméleg, die seun van Jerubbéset, verslaan? Het nie ’n vrou bo van die muur af ’n boonste meulsteen op hom gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur gekom? — dan moet jy sê: U dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood!
22 En die boodskapper het gegaan en aangekom en aan Dawid alles vertel wat Joab hom opgedra het.
23 Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.
24 Toe het die boogskutters bo van die muur af op u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u dienaar Uría, die Hetiet, is ook dood.
25 Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So moet jy aan Joab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie, want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die stad en verwoes dit. So moet jy hom moed inpraat.