24 Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het ’n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die Here het hom liefgehad,
25 en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die Here.
26 En Joab het teen Rabba van die kinders van Ammon geveg en die koningstad ingeneem.
27 Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig ’n talent goud was, met ’n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en ’n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.