27 Daarop stuur Joab boodskappers na Dawid om te sê: Ek het teen Rabba geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en beleër die stad en neem dit in, sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep word nie.
29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy het weggetrek na Rabba, daarteen geveg en dit ingeneem.
30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig ’n talent goud was, met ’n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en ’n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.
31 En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.