1 TOE Joab, die seun van Serúja, merk dat die hart van die koning aan Absalom verkleef was,
2 het Joab na Tekóa gestuur en daarvandaan ’n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos ’n vrou wat al baie dae rou oor ’n dode.
3 Gaan dan na die koning en spreek met hom volgens hierdie woord. En Joab het die woorde in haar mond gelê.
4 En die vrou uit Tekóa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning!