1 EN daarna het Absalom vir hom ’n wa en perde aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop.
2 Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat ’n saak gehad het om na die koning te kom vir regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van Israel —
3 dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.
4 Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat ’n geskil of regsaak het, na mý kan kom; dan sal ék aan hom reg laat geskied.