28 Kyk, ek vertoef by die woestyndriwwe totdat daar ’n woord van julle kom om my in te lig.
29 En Sadok en Ábjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar gebly.
30 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim, terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop; en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en aldeur geween.
31 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitófel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: o Here, verydel tog die raad van Agitófel!
32 En toe Dawid tot bo-op die top kom, waar hulle God aanbid het, ontmoet Húsai, die Arkiet, hom daar, met geskeurde rok en grond op sy hoof.
33 En Dawid sê vir hom: As jy saam met my verder gaan, sal jy my tot ’n las wees.
34 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom sê: U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar, maar nou is ek u dienaar — dan kan jy vir my die raad van Agitófel verydel.