7 En ná verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan die Here gedoen het, in Hebron betaal;
8 want u dienaar het ’n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die Here my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die Here dien.
9 Toe sê die koning vir hom: Gaan in vrede! En hy het hom klaargemaak en na Hebron gegaan.
10 Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al die stamme van Israel om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor, moet julle sê: Absalom is koning in Hebron!
11 En uit Jerusalem het tweehonderd man met Absalom saamgetrek wat genooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat hulle van die hele saak iets geweet het.
12 Absalom het ook, terwyl hy die slagoffers bring, Agitófel, die Giloniet, ’n raadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat roep. So het dan die sameswering sterk geword en die mense aldeur meer by Absalom aangesluit.
13 Toe daar dan ’n boodskapper by Dawid kom en sê: Die hart van die manne van Israel is agter Absalom aan —