32 Want wie is God buiten die Here, en wie ’n rots buiten onse God?
33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ’n weg volkomelik uitgesoek.
34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes.
35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms ’n koperboog span.
36 En U het my die skild van u uitredding gegee, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my enkels het nie gewankel nie.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.