42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
43 Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.
44 En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as ’n hoof van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
45 Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.
46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings.
47 Die Here leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!
48 Die God wat my die wraak gee en volke onder my neerwerp;