17 en gesê: Dit is ver van my, Here, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
18 En Abísai, die broer van Joab, die seun van Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat gesneuwel het, en het ’n naam gehad onder die drie.
19 Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy hulle owerste geword het, maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.
20 Verder Benája, die seun van Jójada, ’n sterk man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en ’n leeu binne-in ’n kuil doodgeslaan op ’n sneeudag.
21 Hy het ook ’n Egiptenaar verslaan, ’n mooi man; en in die hand van die Egiptenaar was ’n spies; maar hy het na hom afgegaan met ’n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.
22 Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het ’n naam gehad onder die drie helde.
23 Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.