14 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die Here, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
15 En die Here het ’n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die volk sewentigduisend man gesterwe.
16 Maar toe die engel sy hand uitsteek na Jerusalem om dit te verwoes, het dit die Here berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! Die engel van die Here was toe by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
17 Toe Dawid sien hoe die engel onder die volk doodslaan, het hy tot die Here gespreek en gesê: Kyk, ék het gesondig, en ék het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie.
18 Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die Here ’n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van Gad, soos die Here beveel het.
20 Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig na die aarde gebuig.